Verlede maand
Mel vir eksbaas ‘soos ’n kind’
Melvin Volkwyn  ~ Foto Verskaf

DIE staat het gister sy saak teen Melvin Volkwyn gesluit.

Volkwyn loop hof vir die moord op Orderick Lucas (1) en sal moontlik in April getuig.

Ronel Rass was die staat se 13de getuie.

Volkwyn, ’n haarkapper, het vir haar in Salon Ronel gewerk. Hy het ook daar gewoon.

Rass het gesê sy ken Volkwyn al sewe jaar en was vir hom lief soos ’n ouer vir ’n kind.

Sy het getuig toe hy eenkeer vir drie dae spoorloos verdwyn het, het sy sy klere en ander goed uitgegooi om hom ’n les te leer.

Rugaya Gerhardus van Eersterivier was die staat se laaste getuie. Volgens haar het sy Volkwyn omstreeks 04:15 op 25 Maart 2019 in Kleinvleiweg gesien.

Vriende

Volkwyn het gesukkel om ’n bruin koffer te dra.

Orderick is in die vroeë oggendure van dié dag laas lewend gesien. Hy was in Volkwyn se sorg, het die hof by ’n vorige geleentheid gehoor.

Orderick se ma, Davidene Lucas, en Volkwyn was vriende. Sy het getuig die kind was by Volkwyn voordat hy vermis geraak het. Sy lyk is nege dae later in ’n drein gevind.

Volkwyn ontken skuld. Hy hou dik hy het die kind vir Davidene teruggegee. Die saak is uitgestel tot 13 April.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters