5 dae gelede
Meer as 60 by nagklub besmet
A laboratory worker places a test tube containing
Meer as 60 mense het Covid-19 by 'n partjie opgedoen.  ~ Getty Images

DIE Wes-Kaapse Drankowerheid en die polisie ondersoek 'n Kaapse nagklub nadat minstens 63 mense die corona-virus daar opgedoen het.

Die infeksies is teruggespoor na 'n partytjie wat by die Tin Roof in Claremont gehou is. Daar was tieners ook onder die partytjiegangers.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, sê minstens 37 van dié wat die virus opgedoen het, is matrikulante.

Hy het 'n beroep op inwoners van die provinsie gedoen om verantwoordelik te wees en steeds die riglyne te volg.

Winde sê hoewel die nuwe gevalle nie 'n aanduiding van 'n tweede golf is nie, is dit 'n voorbeeld van die moontlike bedreiging en van mense wat te gerus raak. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters