16 dae gelede
Mayor wil hof toe oor SOE
Sylvia Qunta, burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit (regs) wil hof toe.  ~ Skermgreep

DIE burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit sê hulle beplan om die hof te nader oor die deursoek- en beslagleggingsoperasie van die spesiale ondersoekeenheid (SOE).

Sylvia Qunta sê die SOE het beslag gelê op dokumente en elektroniese toestelle sonder proklamasie of 'n lasbrief.

Kaizer Kganyago, SOE-woordvoerder, ontken die bewerings.

"Teen nou weet almal in die land dat daar ses weke gelede 'n proklamasie deur die president geteken is. Ek weet nie waarvan hulle praat nie. Ons werk binne die wet."

Kganyago sê ook die munisipale bestuurder het die personeel gevra om hulle volle samewerking aan die SOE te gee.

Maandag se deursoek- en beslagleggingsoperasie spruit uit 'n ondersoek na die verskaffers van beskermende drag aan die Matzikama-munisipaliteit.

Drie verskaffers wat ondersoek word, het ook besigheid gedoen met die Cederberg-munisipaliteit. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters