Verlede maand
Mayco-lid betreur besware
Zahid Badroodien  ~ Peter Abrahams

“DIT is teleurstellend dat pogings belemmer word om kwesbare individue te ondersteun en beskerm wat op straat slaap.”

Só sê die Stad Kaapstad se mayco-lid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Zahid Badroodien.

Badroodien verduidelik dat die Stad Kaapstad nie ’n skuiling in Strandfontein open nie, maar dit net goedgekeur en met ekstra ondersteuning gehelp het.

“Dit is nie binne die gesag van ’n plaaslike regering om skuilings te open nie. As deel van die wintergereedheidsprogram het die Stad ’n aansoek om bykomende hulpbronne deur die Haven Night Shelter goedgekeur.

“Die ondersteuning is in die vorm van komberse, matrasse, voedsel en toiletware vir kwalifiserende skuilings wat in staat is om hul bedruimtes te vergroot.

“Ons bied ook EPWP-werkers aan wat met die skoonmaak en kook by skuilings help. Geen befondsing word uitbetaal nie.”

Onreg

Hy sê The Haven is ’n onafhanklike organisasie.

“Dit is verder betreurenswaardig dat pogings aangewend word om te verhoed dat straatmense toegang tot veiliger en waardige skuiling kry. As die Ratepayers Association verkies dat die ekstra beddens nie verwelkom word nie, is dit ’n onreg vir ons straatmense wat hulle op hul skouers moet dra.”

Hy sê die raadslid het met die Haven se uitvoerende hoof in gesprek getree en dié sal met die gemeenskap oor die kwessie praat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters