6 maande gelede
Matrieks se harde werk word erken
tops: Laeeqa Martin glo in konsekwentheid.  ~ 

KONSEKWENTHEID is die sleutel tot sukses.

So sê Laeeqa Martin van Mitchells Plain, een van die provinsie se top-matriekleerders wat gister ’n sertifikaat ontvang het vir haar prestasies.

Sy was ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Spine Road.

“Ek het nooit verwag om die top-vyftig-lys te haal nie, maar ek is dankbaar en opgewonde daaroor.

“Dis ’n bewys dat my harde werk en opofferings deur die matriekjaar die moeite werd was,” sê sy.

Vir Zakiyyah Petersen, ook van Mitchells Plain, is haar matrieksertifikaat die paspoort tot haar toekoms.

Spesiaal

“Ek is baie trots op myself. Ek weet ek het hard gewerk, maar het nooit dié toekenning verwag nie.

“Dit laat my baie spesiaal voel,” sê sy.

Petersen was ’n matrikulant aan die Hoërskool Clare­mont.

Haar ma, Inshaaf Ohshiro, sê haar dogter het altyd goed gevaar op skool en sy is baie trots op haar.

“Sy het elke dag met die bus van Mitchells Plain skool toe gegaan, laat in die aand by die huis gekom, en tyd gemaak vir haar huiswerk,” sê sy.

Brenda Nyavudza van Malmesbury was ’n matrikulant aan die Hoërskool Ilingelethu. Sy het haar matriekjaar geslaag, ten spyte van haar omstandighede.

Nyavudza het haar ma in gr. 11 verloor en wou al opgee, maar het gefokus gebly op haar studie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters