7 dae gelede
Masi se mense wag maande
UITGEVEE: Dis die beeld van die totale verwoesting wat die brand agtergelaat het.  ~ Facebook

DIT is byna ’n maand sedert die verwoestende brand in Masiphumelele duisende mense haweloos gelaat het.

Op ’n lugfoto kan gesien word hoe ’n hele blok behuising met een veeg uitgewis is.

Inwoners van dié gemeenskap net buite Vishoek is 12 dae voor Krismis met die brande geteister wat nie net hul huise nie, maar ook ablusie- en elektriese infrastruktuur afgebrand het.

Sedert hierdie verwoestende brande het die Stad Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, die area tot ’n plaaslike rampgebied verklaar.

Volgens Plato het dít die Stad in staat gestel om boustelle te verskaf aan geregistreerde inwoners wat deur die brande geraak is.

Maar die Stad wag steeds op befondsing wat van die nasionale regering se kant af moet kom.

Beskikbaar

Sondag het Malusi Booi, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir menslike nedersettings, die area besoek en brandslagoffers belowe dat hulle permanente strukture sal kry, maar eers oor ses tot agt maande.

Omtrent R32 miljoen is beskikbaar gestel vir tydelike strukture, water en sanitasiegeriewe vir inwoners wat skade gely het.

Inwoners sal ook op ’n nabygeleë sportveld geakkommodeer word.

Booi sê hulle verwag dat tussen 30 en 50 tydelike strukture elke dag opgerig sal word.

Die kwesbaarste mense onder die inwoners – bejaardes en gestremdes – sal volgens Booi eerste hulp kry.

“As alles volgens plan verloop, sal al die tydelike strukture op die terrein teen 22 Februarie 2020 oorhandig word.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters