3 maande gelede
Marais: Verenig bruin partye
saamwerk: Die grootkoppe wat hier hande skud is, van links, Jeffrey Donson, Eugene Damonse, Peter Marais en Gayton McKenzie. Foto: keith meyer  ~ 

TERWYL die DA vir die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, in die drukpot plaas, kook Peter Marais, ’n oud-burgie, sy eie stew.

Hierdie keer try Marais om eenheid onder die groot bruin politieke partye te bewerkstellig.

Jeffrey Donson van Icosa, Gayton McKenzie van die PA en Eugene Damonse van die Social Democrats het reeds met eenheidsgesprekke begin in Kaapstad.

Dawid Kamfer, Icosa se provinsiale leier, sê: “Die De Lille-debakel het bruin kiesers uitgedryf. Icosa het 14 jaar ervaring en is onder die topvyf- politieke partye in die Wes-Kaap.

Dryf

“As ons kragte saamsnoer volgens elkeen se voorkeure, behoort ons in 2019 die bruines onder een sambreel te kan groepeer.

“Ons het die wil van ons mense aan ons kant, want ons dryf hul agenda.”

Volgens Marais, wat as fasiliteerder optree, het die PA en Icosa genoeg bewese politieke steun met raads­lede oral in die land gemonster in die laaste munisipale verkiesing.

Emile Cupido, ’n inwoner van Oudtshoorn, het ’n Bybelse vergelyk getref en gesê ’n Josua en Kaleb moet aangewys word. Hy wil ook hê die Khoisan Revolusie-party moet by die eenheidsgesprekke betrek word.

Alle aanduidings is dat die finalisering van die gesprekke in Ladismith, Kannaland, gehou gaan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters