14 dae gelede
KYK: Marais: Só pak jy bendegeweld
maak stem dik: Peter Marais het ’n paar hints vir die Wes-Kaapse regering.Foto: Peter Marais  ~ 

DIE Wes-Kaapse VF Plus-leier, Peter Marais, sê hy het die antwoord om bendegeweld op die Kaapse Vlakte te bekamp.

Die veteraan-politikus het aan Son gesê polisiëring alleen sal nie gangsters van die strate verwyder nie.

Volgens Marais, wat soms in idiome praat, benodig die probleem ’n volskaalse maatskaplike intervensie.

Hy sê: “Jy moet die tand skoonmaak en skoon hou sodat hy nie vrot raak nie. Jy kan nie wag totdat hy vrot is nie, want dan moet jy dit trek.

“Die polisie behoort die laaste uitweg te wees – om die tand te trek.”

Marais meen meer moet gedoen word om armes uit poverty te red.

Verbeter

Hy verduidelik: “Jy kan nie skoon water in ’n vuil koppie verwag nie. Maak eers die koppie skoon en dan gaan jy skoon water kry.

“Dieselfde met ons jong mense – die omstandighede van ons townships moet verbeter word vir ons kinders.

“Ons moet verseker dat bendes nie die enigste uitweg vir hulle is nie.”

Hy sê die Wes-Kaap moet jong mense opneem vir skills training sodat hulle ’n inkomste kan verdien.

“Dit baat nie die DA wil nou groot kapsie maak van hoeveel meer polisie hy wil hê nie.

“Bendes het nie vrees vir die tronk­lewe nie. Hulle sê: ‘Al my vriende is daar. Dis lekker daarbinne.’

“Dink jy tronk is straf vir ’n man wat buite onder ’n plastieksak slaap en geen kos het nie?

“Korrektiewe dienste moet ’n diens wees buite die tronk, voordat die misdaad gepleeg word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters