2 maande gelede
Mans betrap terwyl hulle lyke dump
dump
Vier mans is gearresteer nadat hulle betrap is waar hulle besig was om lyke te dump.  ~ Foto Verskaf

DIE polisie se forensiese ondersoekspan fynkam nog 'n toneel naby die Strandfontein-strand waar 'n groep mans op herterdaad betrap is terwyl hulle van lyke ontslae probeer raak het.

Wetstoepassers van Stad Kaapstad was Dinsdagoggend om 07:00 besig met patrolies toe hulle 'n verdagte voertuig op Nautilus Way opgemerk het.

Die op-en-wakker cops het gesien hoe vier mans van die bakkie klim en in die rigting van die see stap.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê die wetstoepassers het toe die vier suspects genader.

"Die beamptes het twee lyke ontdek in die bakkie wat met komberse bedek was. By nadere ondersoek is nog 'n lyk gevind."

Die vier mans is onmiddelik gearresteer en die toneel is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Volgens Dyason is dit welbekend dat die kuslyn gebruik word om lyke te dump.

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, bevestig dat 'n driedubbelemoordsaak ondersoek word.

Potelwa sê die mans, tussen die ouderdom van 26 en 54, gaan in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

'Die motief vir die moord sal vasgestel word soos die ondersoek ontvou.'

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters