9 dae gelede
Man voor vir mesmoord
 ~ 

JEREMY Konstabel (22) het Maandag in die landdroshof in die Strand verskyn op ’n klag van moord.

Volgens die polisie hou die saak verband met die moord op Gerald Louis (36) in Solly Arendsesingel in Gustrouw in die Strand.

Die voorval het Saterdag omstreeks 03:00 plaasgevind toe die slagoffer met ’n mes doodgesteek is.

Ingebreek

Louis, wat in sy nek gelem is, was glo ’n verdagte in ’n huisbraak-saak.

Daar word beweer dat Louis by Konstabel se huis in Solly Arendsesingel ingebreek het.

Die polisie het ook beslag gelê op die moordwapen.

Die saak teen Konstabel is tot Maandag 14 Oktober uitgestel. Dis gedoen om tyd te gee vir die insameling van borgtog-inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters