2 maande gelede
Man vind lyke
Nolan CoetzeeFOTO’S verskaf  ~ 

UITGEHAAL en toe begrawe, sommer in ’n vlak graf langs die treinspoor.

Dis die hartseerverhaal van Nolan Coetzee (24) en Ashley Muller (35) van Clarke­ Estate, Elsiesrivier.

’n Verbyganger het die lyke ontdek.

Die verbyganger het die skok van sy lewe gekry toe hy die twee se hande en voete by die graf sien uitsteek.

Hulle is Vrydagaand laas lewend gesien.

Coetzee se ma, Elizabeth (63), sê sy het hom nog Vrydagaand by die huiswinkel­ gesien en hom met ’n brood huis toe gestuur.

Hy het nooit by die huis opgedaag nie.

“Hy het nie ’n vaste werk gehad nie. Hy sou odd jobs doen en dan kuier by sy vriende, maar het altyd huis toe gekom.

“Ek is eers 07:00 Saterdagoggend vertel twee mense is dood gevind.

“Iemand wat by die toneel was, het vir my kom sê Nolan is een van hulle. Hy is aan sy tekkies en blou keppie uitgeken,” sê sy.

Coetzee sê sy is hartseer oor hoe haar kind dood is, maar is nie bewus dat hy aan ’n bende behoort het nie.

“Ons weet nie hoekom hy vermoor is nie. Op dié stadium probeer ons nog sin maak van sy dood.”

Ashley se ma, Grace Muller­, sê sy is nie kwaad vir enige iemand oor wat met haar seun gebeur het nie, sy los dit in die Here se hande.

Ashley Muller
Nolan CoetzeeFOTO’S verskaf
geskok: Elizabeth Coetzee, Nolan se ma, is gebroke oor die moord op haar seun.
vonds: Die lyke van Nolan Coetzee en Ashley Muller word Saterdag verwyder deur die polisie se forensiese span. Foto: PETER ABRAHAMS

Muller vertel Ashley het altyd huis toe gekom en sou nooit uitslaap nie.

“My ander seun het vir Ashley by die huis kom soek toe die lyke gevind. Hy was nie in sy kamer nie.

Volgens die hartseer ma het hy sy broer aan sy top uitgeken.

Muller sê haar seun is drie weke gelede in sy arm geskiet.

“Hy is deur lede van die 28’s geskiet, maar ek kan self nie sê of dit verband hou met dié skietery nie.”

Muller voeg by dat sy maar net sal aanvaar wat gebeur het en dat haar lewe sal aangaan.

“Ek het my man al verloor en het deur dit gekom. Ek sal deur dié ook kom.”

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ’n dubbele moordsaak.

Van Wyk sê albei is in die kop geskiet.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters