Verlede maand
Man vas vir moord ná tip
VERMOOR: Chad Arendse (19) se vermeende killer het gister in die hof verskyn.  ~ 

’N HOFGANGER is gister in die Mitchells Plain-landdroshof gelem.

Die man is volgens omstanders in die gange by die hof gesteek en hospitaal toe geneem.

Dis nog onduidelik hoe die verdagte met ’n mes toegang tot die hof verkry het.

Dit was terwyl ’n 22-jarige verdagte vir die moord op Chad Arendse (19) van Rocklands in dieselfde hof verskyn het.

Uber-taxi

Arendse is op 16 Junie in ’n drive-by shooting afgemaai.

Hy het vir ’n Uber-taxi gewag om hom huis toe te neem ná ’n vriend se 21ste verjaardagpartytjie.

Hy is verskeie kere in die kop geskiet en is op die toneel dood.

Volgens sy ma, Natasha Arendse (39) ken hulle nie eintlik die verdagte nie, maar hy was na bewering een van Chad se vriende.

Die ma sê hulle het die verdagte nie in die hof gesien nie.

“Ons is net ingelig dat hy weer volgende week in die hof sal wees.

“Ons is nog baie hartseer en soek net geregtigheid vir ons kind se dood. Ons het baie ondersteuning vanuit die gemeenskap.

“Hy moenie borgtog kry nie. Ons sal weer buite die hof betoog wanneer hy volgende week voorkom.”

Arendse was die afrigter van die Littlewood Primêre Skool se drummies. Sy span het die Vrydag voor sy dood goud in ’n kompetisie gewen.

Hy was ’n lid van die Wes-Kaapse drummie squad en was ook by die klopse betrokke.

Ontstoke inwoners het gister buite die hof met plakkate teen borgtog betoog.

Die verdagte is Donderdag gearresteer.

Die cops het verskeie leidrade opgevolg nadat hulle inligting ontvang het.

’n Groot groep inwoners en lede van die Littlewood Primêre Skool se drummie-span het Saterdag ter nagedagtenis aan hom na die toneel gemarch waar hy vermoor is.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters