Verlede maand
Man vas vir drank
dop
Die polisie en wetstoepassers het die dop vanaf 'n huis in Beacon Valley gekonfiskeer.  ~ Verskaf-Stad Kaapstad

'N MAN (26) is met drank by 'n bekende drug-spot in Woodstock gearresteer.

Volgens die Stad Kaapstad het lede van hul misdaadvoorkomingsspan 'n bekende drug-spot genader toe hulle oplet hoe 'n man een van die verlate geboue verlaat.

Toe die man die beampte gewaar het hy dadelik oogkontak probeer vermy.

Die beampte het die man genader en hom toestemming gevra om hom en die perseel te deursoek.

Dit was toe hulle op 'n onbekende bedrag kontant in sy sak afkom en verskeie bottels alkohol op die perseel ontdek het.

Daar is onder meer beslag gelê op 8 x 1L bottels vodka, 32 x 750ml Black Label-bier, 34 x 750ml Castle bier en 30 x 5 liter Lion-bier.

Die verdagte het probeer vlug maar is agtervolg en gevang.

Hy is gearresteer vir die onwettige handel in drank.

In 'n tweede onverwante voorval het beamptes van die metropolisie inligting ontvang oor die verkoop van dwelms in Hanover Park.

Met hul aankoms by die huis in Turflyn Walk is 'n vrou gearresteer, nadat sy op heterdaad betrap is waar sy dwelms in die toilet geflush het.

Die perseel is ook deursoek en daar is beslag gelê op 25 kleinpakkies tik, 58 eenhede heroine, 10 button-tablette, vyf halwe button-tablette en R1 065 kontant.

Die 49-jarige vrou is inhegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters