Verlede maand
Man vas oor daad met baba
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die man van die Chris Nissen-woonbuurt is Saterdag gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

’N MAN in sy 30’s het gisteroggend in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn vir die seksuele aanranding van ’n babameisie van net 11 maande oud.

Die saak teen die verdagte is tot Maandag uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

Die beweerde voorval het Saterdag in die Chris Nissen-woonbuurt plaasgevind.

Son verneem die verdagte het gesê hy gaan ’n walk met die kind winkel toe vat.

Veroordeel

By hul terugkeer het die ma die kind se doek gechange. Dis toe dat sy bloed in die kind se nappy ontdek het.

Die polisie is dadelik ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem.

Verskeie mense in die gemeenskap van Somerset-Wes en Sir Lowry’s Pass het die voorval veroordeel.

Talle het gesê hulle gaan by die verdagte se volgende verskyning by die hof betoog sodat hy nie borgtog kry nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters