Verlede maand
Man vas oor bokse drank
drank
Meer as 2 000 bokse drank is by die perseel gevind.  ~ Foto Verskaf / SAPD

'N MAN van Ravensmead verskyn Maandag in die hof vir die handel in drank sonder 'n lisensie. 

Mihlali Majikela, 'n polisiewoordvoerder, sê die 42-jarige man word ook aangekla vir oortreding van regulasies van die Rampbestuurswet.

Majikela sê polisielede verbonde aan die Ravensmead-polisiestasie was besig met misdaadvoorkomingsoperasies toe hulle 'n voertuig gesien het wat besig was om drank by 'n woning in Colorado-straat te laai.

"Hulle het die voertuig genader en navraag gedoen. Nadat hulle die voertuig en die perseel deursoek het, is altesaam 2 068 bottels Whiskey brandewyn, wyn en bokse sigarette gevind. 

"Die items het 'n geraamde straatwaarde van R1 073 600."

Majikela sê die verdagte verskyn Maandag in die Bellville-landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters