2 maande gelede
Man vas ná skote 1 eis
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons  ~ 

BENDEGEWELD het Vrydagaand weer in die Strand opgevlam toe ’n 35-jarige man dood­geskiet is.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, is Johan Wiese in Wilhelmina Schaefferstraat geskiet. Hy is op die toneel dood.

Son verneem hy is uit ’n kar geskiet en is twee keer in die bors getref.

Son het ook by gemeenskapleiers verneem meer as ’n maand gelede is ook op Wiese geskiet.

’n Verdagte (22) is Saterdagoggend in Vinckstraat, Boadlandlands Park, vir die moord in hegtenis geneem en sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mense met inligting word gevra om lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters