3 maande gelede
Man van plain wen twee keer lotto
 ~ 

LOTTO se wenner van R61miljoen het voorheen ook R75 000 met die lotto gewen.

Die pa van drie kinders het die Lotto op Saterdag 27 Julie gewen.

Die kaartjie is Weltevreden Valley in Mitchells Plain gekoop en die man het R20 gebruik en ’n Quick Pick gekoop.

Volgens ’n woordvoerder van Ithuba, Naledi Masopha, het die man gesê hy het sewe jaar terug R75 000 gewen.

Hy het gesê hy en sy partner en hulle kinders het in ’n kamer gebly.

“Toe ek die geld wen, het ek ’n vierslaapkamer huis gebou waar ons steeds bly.”

Die man sê hy het vyf jaar lank nie gewerk nie en het vroeër die jaar ’n kontrak gekry.

Hy sê dis moeilike werk en fisiek, maar hy was dankbaar om kos vir sy gesin te koop.

“Die keer kan ek ’n groter huis koop en elke kind kan sy eie kamer hê. Ek wil baie van die geld belê sodat my gesin nooit weer hoe te suffer nie.”

Op ’n vraag wat die geheim is om die regte nommers te kies, sê hy hy gooi nie ou kaartjies weg nie.

“As ek Quick Pick speel hou ek die kaartjies en kies ek van die nommers om weer te speel.

“Ek het ’n laai vol kaartjies en kies my nommers.”

Maar hy sê die Quick Pick het die keer gewerk.

Die man sê hy sal voortgaan om Lotto te speel en wil nou begin met die Daily Lotto.

“Ek sien klomp mense wen met die Daily Lotto en hy wil ook een van hulle wees.

“Ek sal steeds die kaartjies hou en sal aanhou om die nommers te gebruik.”

Die wenner en sy vrou het gesê hulle sal voortgaan om te werk sodata mense nie iets moet dink nie,

“Ons wil ’n lae profiel hou en stadig vorentoe gaan.”

Hy het sielkundige en finansiele raad van Ithuba gekry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters