7 dae gelede
Man tydens jaagtog deur cops doodgeskiet
Ndileka Cola, nasionale woordvoerder van die IPID, het gesê 'n groep van ses gewapende mans het die slaghuis na bewering beroof en met 'n groot bedrag geld, skootrekenaar en selfoon gevlug.  ~ Foto Ter Illustrasie

'n Gewapende rower is dood nadat die polisie hom noodlottig gewond het tydens `n skiervoorval in Strand.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval wat Saterdag op die hoek van die N2 en Broadway Boulevard plaasgevind het.

Kapt. FC van Wyk, 'n provinsiale polisiewoordvoerder, sê beamptes was in 'n jaagtog betrokke toe die verdagtes op die polisie losgebrand het.

"Die verdagtes het teen 'n hoë spoed op die N2 gejaag toe hulle deur polisielede wat agtervolg is, opgemerk is. Die verdagtes het op die polisie geskiet en die polisie het terug op hulle geskiet."

Van Wyk het bygevoeg die voertuig waarin die verdagtes was, het tot stilstand gekom op die kruising van N2 en Broadlands.

'n Man (21) het beserings opgedoen en is na 'n nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling. 'n Onbekende man is op die toneel dood verklaar. Die polisie het 'n ondersoekdossier vir verdere ondersoek geopen."

Ndileka Cola, nasionale woordvoerder van Opod, sê 'n groep van ses gewapende mans het 'n slaghuis beroof en met 'n groot bedrag geld, skootrekenaar en selfoon gevlug.

Minute later het lede van die blitspatrollie die vermeende rowers voorgekeer toe hulle van die toneel gevlug het.

"Die verdagtes het weggehardloop terwyl hulle op die lede geskiet het, en die lede het teruggeskiet. Hulle [die verdagtes] het later uit die voertuig gespring waarin hulle gery het en in verskillende rigtings gehardloop terwyl hulle steeds op die lede geskiet het."

Cola het bygevoeg dat een van die verdagtes noodlottig geskiet is terwyl die ander een beseer en tans in die hospitaal is. Vier ander verdagtes is in hegtenis geneem.

"Al die gesteelde items is teruggevind, insluitend 'n onbekende bedrag kontant. Boonop is drie vuurwapens en een speelgoedgeweer van die verdagtes ook gekonfiskeer. Verder het die span ontdek dat die voertuig wat deur die verdagtes gebruik is, in Gugulethu gekaap is."

Die verdagtes verskyn in die landdroshof in Grabouw. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters