Verlede maand
Man steek ma en seun
D
 ~ foto ter illustrasie

’N DRAMA het hom Woensdag in die Mitchells Plain Distrikshospitaal afgespeel toe ’n ma en haar seun gesteek is.

Die voorval het omstreeks middernag plaasgevind en pasiënte in die wag-area is die skrik op die lyf gejaag toe ’n psigiatriese pasiënt sy skoonma en haar seun gesteek het.

Die toestand van die twee is nog onbekend.

Ondersoek

Monique John­stone, woordvoerder van die departement van gesondheid, het die geval bevestig.

Sy sê die voorval het binne die gemeenskapsgesondheidsentrum plaasgevind.

“Die omstandighede rondom die saak word deur die polisie ondersoek.”

Hoewel John­stone die voorval bevestig het, sê sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, die polisie in Lentegeur het geen rekord van die voorval nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters