Verlede maand
Man steek hond met swaard dood
 ~ 

’N 27-JARIGE man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n hond doodgesteek het met ’n selfgemaakte swaard.

Die voorval het in ’n informele nedersetting in Lwandle naby die Strand gebeur. 

News24 berig dat die Cape of Good Hope DBV ingelig is oor 'n dronk geweldadige wraak aanval op Schubie, in die Simanyene-plakkerskamp in Lwandle.

Belinda Abrahams, ’n woordvoerder vir DBV, vertel hulle het 'n oproep ontvang vanaf die Helderberg animal welfare society in Gordonsbaai. 

"Dit was toe ons inspekteur Mark Syce uitgaan dat hy die skokontdekking gemaak het."

Die verdagte sal Maandag in die landdroshof op die Strand verskyn, op aanklag van dieremishandeling. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters