Verlede maand
Man op pad huis toe geskiet
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA â?? OCTOBER 18: Forensic e
DIE Strandfontein-polisie ondersoek n saak van poging tot moord nadat 'n man in sy vroeë 20's geskiet en gewond is terwyl hy op pad huis toe was.  ~ Foto ter illustrasie: Jaco Marais

DIE Strandfontein-polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord nadat 'n man in sy vroeë 20's op pad huis toe geskiet is.

Kapt. FC van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval het omstreeks 13:30 langs Spitz Way plaasgevind.

Paramedici het op die toneel aangekom en die slagoffer is na 'n nabygeleë mediese fasiliteit gehaas vir behandeling.

"Die verdagte is onbekend en moet nog in hegtenis geneem word. Die omstandighede rondom hierdie skietvoorval word ondersoek," sê Van Wyk.

Enigiemand met inligting word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters