2 jaar gelede
Man met 'n plan
dink flink: Gregory Britz verdien ’n geldjie deur in ’n paar mense se tuin te werk. Foto’s: Abrie Burger  ~ 

HY IS in sy gemeenskap as Magic Man bekend omdat hy met so min so baie kan doen.

Gregory Britz van Kalksteenfontein is lief daarvoor om met sy hande te werk en het selfs sy eie grassnyer ge-invent.

Britz (66) sny gras met ’n grinder wat hy ge-modify het.

“Ek hou mos daarvan om nuwe goed uit te dink,” vertel hy.

“Omdat ek nie ’n conven­tional gras-cutter­masjien het nie, kom ek toe met die idee om my grinder te gebruik.”

Hy kan in 10 minute ’n grasperk van 21 m2 sny.

Wanneer Britz met sy grind­er inklim, lyk die grasperk in ’n japtrap soos ’n klomp poenskop-army-troepe. Britz het sywurm-gut aan die boonste deel van die grind­er vasgemaak.

Hy gebruik dan ’n wasgoedpennetjie om die start-knoppie in plek te hou en “en net soos magic het ek my eie grassnyer.

“Die gut spin in ’n anti-clockwise motion en draai baie vinnig en met dié sny ek die gras vinnig en netjies.”

Britz is baie trots op sy invention en leer ’n jong man in die gemeenskap om met die aangepaste grinder gras te sny.

“Dié invention bring elke week vir my so ’n bietjie geld in.

“Ek sny vir ’n paar mense in die gemeenskap gras. Ek leer die jong man ’n mens kan enigiets doen met wat jy het,” sê hy.

Britz sê hy was maar altyd kreatief en al pyn sy hande soms terwyl hy gras sny en ander werk doen, sal hy nooit ophou om sy idees in motion te sit nie.

Hy sê hy is nog nie klaar ge-invent nie en sal seker met iets anders ook opkom.

“Ek is ’n man wat op sy voete dink en gou ’n plan kan maak wanneer ek iets benodig,” sê die man wat ook as Mr. Knowledge bekend staan omdat hy alles van alles weet. “Ek het nie baie nodig nie – net my knowledge en hande.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters