’N MAN, vermoedelik in sy 60’s, is Woensdagoggend kritiek beseer toe sy motor teen ’n berg afgestort het.
Die ongeluk het naby die Steenbrasdam net buite Gordonsbaai gebeur.
Russel Meiring, ’n ER24- woordvoerder, sê nooddienspersoneel het omstreeks 10:00 by die toneel opgedaag en opgemerk die motor het teen die berg afgestort.
Die reddingspan is af teen die skuinste en het die man uit die voertuig bevry.
Die nooddienspersoneel het gevind die man het ernstige beserings opgedoen en is in ’n kritieke toestand.
Onduidelik
Meiring sê: “Die man is op die toneel behandel en na die naaste hospitaal vervoer vir verdere behandeling.”
Meiring verduidelik die omstandighede rondom die ongeluk is nog onduidelik.
Plaaslike owerhede was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.