4 dae gelede
Man in hof ná 11 toeriste beroof is
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Een man het Maandag in die hof verskyn nadat 11 toeriste beroof is.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE polisie in die Wes-Kaap het hul belofte nagekom om binne 48 uur arrestasies uit te voer ná 'n groepie toeriste die afgelope naweek in Khayelitsha beroof is.

'n 26-jarige verdagte is Sondag gearresteer en het reeds Maandag in die hof verskyn. Nog arrestasies word later vandeesweek verwag.

Die groep van 11 toeriste het Vrydag ’n tuinprojek in Site C besoek toe hulle van hul selfone, kameras en wallets beroof is. Die toeriste was met ’n 26-jarige tour guide toe vyf gewapende mans by die skool waar hulle was, ingegaan het.

Die verdagtes wat reflector jackets aangehad het, het die groep toeriste gedwing om by ’n voertuig in te klim en hulle beroof.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het ná die rooftog belowe dat arrestasies binne twee dae gemaak sal word.

Dan Plato, Kaapstadse burgemeester, sê hy is diep teleurgesteld om van die voorval te hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters