3 dae gelede
Man dood toe hy onder trein beland
 ~ 

’N MAN in sy laat dertigs is Maandagoggend in 'n treintrap dood.

Na bewering het die man voor die trein ingespring.

Die trein was van Muldersvlei af na Stellenbosch-stasie onderweg. 

Riana Scott, woordvoerder vir Metrorail, sê die voorval het omstreeks 06:48 plaasgevind. 

“Die polisie en nooddienste was tot 09:40 op die toneel.”

In die tydperk is die treindiens tussen Muldersvlei en Stellenbosch treinstasies opgeskort, vir die polisie om hul ondersoek op die toneel te voltooi.

Pendelaars moes weens die opskorting van alternatiewe vervoer, tussen die twee stasies, gebruik maak.

Lt.kol. Andre Traut, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval in die Cloetesville-omgewing.

Hy noem dat besonderhede van die oorledene is nog onbekend.

"Die polisie ondersoek ook die omstandighede rondom die voorval.

"Verder word 'n beroep gedoen op enige persoon wat die polisie kan help met hul ondersoek om Cloetesville-polisiestasie te kontak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters