12 dae gelede
Man buite hof in Plain geskiet
Man buite hof geskiet.  ~ verskaf

'N MAN is Donderdag buite die Mitchells Plain-landdroshof geskiet en gewond.

Die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind en die omstandighede rondom dit word ondersoek.

Sers. Wesley Twigg, 'n polisiewoordvoerder, sê na wat berig word het verdagtes op 'n voertuig losgebrand en is die slagoffer in die proses beseer. 

"Die slagoffer het in die hofgebou gehardloop, om skuiling te soek.

"Geen ander beserings is aangemeld nie en 'n poging tot moord saak is geopen." 

Enige persoon met inligting word gevra om CrimeStop by 08600 10111 te bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters