5 dae gelede
Man beseer toe broodlorrie brand
Toast: Beamptes aan die werk op die toneel waar ’n broodlorrie naby Lwandle beskadig is.Foto verskaf  ~ 

’N BROODLORRIE is die afgelope naweek by Lwandle naby die Strand aan die brand gesteek.

Die polisie ondersoek die voorval nadat die voertuig Saterdagmiddag op die hoek van die N2-snelweg en Onverwacht-weg vlamgevat het.

Volgens ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste, Jermaine Carelse, het brandweerpersoneel omstreeks 13:30 op die toneel aangekom.

Aankom

Hy sê twee 12 brandweerpersoneel het in brandweerwaens en ’n reddingsvoertuig op die noodoproep gereageer.

Die Albany-broodlorrie was steeds in ligte laaie toe hulle daar aankom, vertel Carelse.

“Terwyl hulle die brand geblus het, het hulle ook ’n man behandel wat brandwonde aan sy gesig en arms opgedoen het. Die brand was teen 14:15 heeltemal geblus en die pasiënt is per ambulans na ’n nabye hospitaal opgeneem.”

Die toneel is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters