14 dae gelede
Man (23) in Strand afgemaai
 ~ 

BENDEGEWELD het weer in die Strand opgevlam.

Mogamat Noor Jackman (23) is Maandagaand in Webbstraat doodgeskiet.

Die laaste voorval was minder as twee weke terug toe ’n man en sy girlfriend op Hemelvaartdag in Petunia­straat doodgeskiet is.

Jackman is omstreeks 20:35 voor sy huis geskiet.

Na bewering het Jackman in die huis in gevlug toe die skote begin klap. Hy het egter aan sy wonde beswyk.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Inwoners sê hulle is al verby gatvol vir die skollies wat so op mekaar skiet.

Die Strand-gemeenskapspolisiëringsforum wil Maandag 24 Junie na die landdroskantoor march en ’n petisie oorhandig wat vra dat gangsters nie borgtog kry nie.

Jan Frieslaar, ’n gemeenskapsleier, nooi kerkleiers, sportlui en lede van die gemeenskap om saam aan die optog deel te neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters