13 dae gelede
Madonsela se uitlating staan groep nie aan
Thuli Madonsela  ~ Argief

DAAR is geen verskoning vir korrupte politicians nie.

Dis die beroep van SA First Forum, ’n organisasie sonder winsbejag. Dit volg nadat adv. Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer, voorgestel het dat almal wat by staatskaping betrokke is, versoen moet word.

Volgens Madonsela kan dié benadering, soortgelyk aan die Waarheids-en-versoeningskommissie, die land die kans gee om op ’n “clean slate” te begin.

Madonsela meen dit sal ook diegene wat by staatskaping betrokke was, die geleentheid gee om alles te beken sonder die vrees dat hulle vervolg sal word.

Gevolge

SA First Forum se woordvoerder, adv. Rod Solomons, stem egter nie saam met Madonsela nie. Solomons verduidelik: “Ek kan baie redes noem hoekom ek nie met haar (Madonsela) saamstem nie.

“Die hoofrede is dat hulle die land beroof het of hulle het die rowery – wat miljarde beloop – toegelaat om te gebeur. Daardie geld moet terugbetaal word en hulle moet die gevolge dra.”

Volgens Solomons word die land al vir jare deur korrupte politicians vir die gek gehou.

“Ons dring aan dat die kwaaddoeners nou orange overalls moet dra en hulle moet die geld terugbetaal.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters