Verlede maand
Maatreëls vir howe tydens lockdown
Ronald Lamola  ~ Felix Dlangamandla

AS DEEL van die regering se maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, gaan noodsaaklike regsdienste tydens lockdown slegs tussen 10:00 en 13:00 by howe beskikbaar wees.

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het gewysigde aanwysings uitgereik om die verspreiding van Covid-19 in alle howe, distrikte en regsdienspunte aan te spreek, te voorkom en te bestry.

“Terwyl alle pogings aangewend word om te verseker dat Suid-Afrikaners toegang tot noodsaaklike regsdienste kan verkry, versoek ons lede van die publiek om saam met ons te werk. Ons moet hou by die maatreëls om die verspreiding van die virus te stop,” sê Lamola.

Die gewysigde maatreëls is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Gesinsregtelike dienste sal slegs aandag gee aan dringende aansoeke rakende aangeleenthede wat deur die hof met dringende aansoeke na die gesinsadvokaat verwys word.

Aansoeke om beskermingsbevele sal steeds aangespreek word, en ook afdwingingsbevele,” sê Lamola.

Intussen sal die kantore van die meester van die hooggeregshof dringende aanstellings in terme van afgestorwe boedels sowel as kuratorskap bywoon. Strafhowe sal oop wees vir borgtogverhore en eerste aansoeke.

Lamola sê verder dat sake op die hofrol word herskeduleer en lede van die publiek sal in kennis gestel word van die nuwe datums vir hofverskynings. Oudiovisuele hervestigingstegnologie by korrektiewe sentrums sal so wyd as moontlik gebruik word om die behoefte aan persone in aanhouding in die hof te versag.

Die departement het ook die besluit gemaak dat persone wie se sake op die hofrol is en nie dringend is nie, moet dus, vir doeleindes van die toesluit, tuisbly en nie na die toesighouding by die howe wees nie. Die howe sal ook sorg dat hulle in kennis gestel word van die nuwe datums waarop hul sake uitgestel is.

Die departement moedig lede van die publiek aan om die regulasies uit te voer wat ingevolge die Wet op Rampbestuur uitgevaardig is, 2002.

Intussen moet ouers die regulasies rakende rampbestuur en die beste belang van hul kinders respekteer deur nie kinders te skuif nie. Hulle moet alternatiewe metodes soos video-oproep, skype, telefoon ondersoek.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike dienste, het vroeër dié week tydens 'n media briefing gesê dat die kind in die sorg van die ouer moet bly toe die lockdown implimenteer is.

Dit om die verspreiding van die virus te verhoed asook om die kid of kinders te beskerm teen die virus deur hulle nie van een huis na n ander te verskuif tydens die 21 lockdown periode.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters