17 dae gelede
KYK: Maak dié uncle famous
LEKKA DJY! Dié uncle ken van om Aladdin se song te sing.  ~ Videogreep / Verskaf

WIE’S dié uncle wat darem só lekker kan sing?

Nootvas sonder dromme, kitaar of enige iets sing die maer lang man vir Peabo Bryson amper uit sy eie fame uit.

“A whole new world...” sing die oom en almal staan vas om na hom te luister.

Van sy sang is daar ’n video gemaak en dit het omtrent vinniger in die sosiale media versprei as wat ’n skinderstorie kan trek.

Nou wil almal weet: Wie is die misterieuse man wat so mooi die Aladdin-temalied, “A Whole New World”, kan sing?

Die oorspronklike post van die video, deur Roland Pick, het binne ’n paar uur amper 1 000 shares gekry.

Almal reageer met die comment: “Maak hom famous!”

Pick het aan Son vertel dat hy self nie die man ken nie, maar het gevra dat Son die man moet help opspoor en hom famous maak.

Weet enige Son-leser wie die man is? Laat weet ons!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters