2 maande gelede
Ma wou haar, kids doodbrand
Moeg: Ntefaleng Lethetso (36) loop hof vir haar kind se brand dood. Foto: Shantel Moses  ~ 

SY WAS sat daarvan om haar man se seksslaaf te wees.

Toe steek sy die hokkie aan die brand – met haar en die kinders binne.

Dit is die getuienis van Ntefaleng Lethetso (36) van Pholile Park in die Strand in die Kaapse hooggeregshof.

Dié ma van drie loop hof vir die branddood van haar baba, Relebonhile.

Sy staan tereg op klagte van brandstigting, poging tot moord en moord.

Sy sê haar oudste kind was ’n jaar en ’n paar maande oud en haar baba net drie weke oud toe sy en haar man op 17 April 2017 baklei het.

“Ek het my man, Lehlohonolo Lebelo, wakker gemaak en gesê hy moet opstaan. Die baba het nie nappies gehad nie en hy moes geld trek.”

Lethetso sê Lebelo wou nie opstaan nie.

“Hy het my vermaak en gesê as ek hom seks gee, sou hy die geld gaan trek.”

Dis toe dat die hel losbreek en hulle begin fight het.

Lethetso sê hulle het gereeld gefight as sy nie seks wou hê nie. Haar man wou dit minstens een keer elke dag hê. Op die betrokke dag het sy teen hom opgestaan en hom teruggeslaan.

Vermoor

“Maar hy het die upper hand gehad. Ek het toe die cops gebel.”

Sy sê die cops het nooit uitgekom nie en haar man het haar aanhou slaan. Hy het gedreig om haar te vermoor.

“Ek het by die hokkie ingehardloop en my en die kinders toegesluit. Ek het net daar besluit ek het genoeg gehad van my moeilike lewe en besluit om my en my kinders uit te brand.”

Sy het paraffien oor haar en die kids gegooi.

“Toe steek ek die plek met ’n vuurhoutjie aan die brand.

“Daar het ons vir die vlamme gewag.”

Lethetso en die oudste kind is uit die brandende hokkie gered. Die baba het doodgebrand. Die egpaar het intussen nog ’n baba, wat op 1 Julie gebore is.

Regter Mushtak Parker wou weet hoekom sy ná die voorval steeds by haar man is.

“Ons het ná die voorval gesit en praat. Ons het saam besluit om te werk aan ons huwelik en ook om nog ’n kind te hê.

“Ek is lief vir hom en wil nie sonder hom lewe nie.”

Parker het beveel dat Lethetso vir observasie gaan.

Die saak kom op 22 Oktober weer voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters