4 maande gelede
#KYK: Ma vrees katoolse klong
plunder: Gordan verduidelik hoe die seun die huis met sy strooptogte verniel het.Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 

’N VROU van Delft is tot die dood toe bang vir haar eie klong.

Die outjie drug homself totaal laf en terroriseer glo sy eie ma dan op ’n ondenk­bare wyse.

Zelda Gordan (52) sê gister: “Die seerste van alles is dat ek hom onder my hart gedra het.”

Dis duidelik ’n pynlike saak as ’n ma só van haar eie seun praat – ’n kind wat sy nou die hele tyd vrees.

Gordan se grootste vrees is dat haar dwelmverslaafde seun, Keagan Fortune (29), haar nog eendag gaan verkrag en haar huis gaan afbrand.

Die mammie beweer Fortune het haar al op die vieslikste maniere seksueel geteister.

“Daar is tye dat hy aan my borste en bums gryp. Dan sê hy voor my vriende ek is ’n lekker n**i.

“Hy glo ek is sy vrou en hy sê dit. Hy agtervolg my en sê niemand kan my kry nie.”

Die angs is duidelik sigbaar in die bekommerde ma se oë terwyl sy snikkend vertel: “Ek wens sommige tye dat hy doodgeskiet word.

“Ek voel dis die enigste way uit… As hy nie meer hier is nie...”

Sy vergelyk haar lewe met dié van Ellen Pakkies, wat haar tikverslaafde seun Abie (20) in 2007 vermoor het.

Oor Fortune kla sy: “Hy steel alles! Tot op my tights. Hy dreig my dat hy my huis gaan afbrand en my gaan verkrag.

“Dan, later, kom bedel hy ’n stukkie brood – asof hy totaal niks verkeerds gedoen het nie.”

Volgens die mammie lê sy soms in haar bed en worry. Dan kom moordgedagtes by haar op.

“Ek is bang! Daar is nie meer woorde om te sê nie.

“Ek is banger vir hom as vir ’n skelm, maar een ding wat ek weet, is: As hy my verkrag, sal ek myself doodmaak.”

Gordan vertel haar kind weier om die hulp te aanvaar wat sy aanbied.

Sy sê sy het nou al so ver gegaan om ’n interdik teen hom uit te haal. 

Weggery

“Daai stukkie papier keer hom egter nie.

“Wanneer ek sê hy moet rehab toe gaan, sê hy eerder dat ek die een is wat moet gaan. Hy is besig om my mal te maak!”

Terwyl Son weggery het, het Fortune op die hoek ’n paar meter weg van sy ma se huis gestaan en grynslag.

Toe snou hy sy ma luid toe: “Eie skuld!”

Volgens Gordan beteken hierdie woorde hy gaan weer inbreek sodra sy weg van die huis is.

“Hy sê altyd vir my dat dit my eie skuld is.

“Ek is so seergemaak. Ek meen, hy is my kind. Ek het hom lief. Ek wil net my baby terughê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters