5 dae gelede
Ma skuldig aan baba se moord
Die babaseuntjie is in Oktober 2017 in sy ouma se huis dood.  ~ Foto ter illustrasie/ Son

'N JONG ma, wat na verneem word geestesgesondheidsprobleme gehad het, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op haar drie weke oue babaseuntjie.

Die ma is skuldig bevind op klagte van moord en aanranding.

Die ma, wie se naam nie genoem mag word nie om haar ouer seun se identiteit te beskerm, het haar babaseuntjie op 18 Oktober 2017 in haar ma se huis in Eersterivier vermoor.

Haar weergawe, oor wat op die dag van die kind se dood gebeur het, is dat die baba uit haar arms op die badkamervloer geval het.

Sy het wel tydens kruisondervraging verskillinde weergawes aan die hof gegee.

Regter Hayley Slingers het in haar uitspraak gesê: "Om te sê haar getuienis is swak is 'n understatement."

Slingers het ook genoem dat die ma se getuienis onreëlmatig was en dat sy geirriteerd tydens kruisondervraging geraak het.

Die voorvonnisverrigtinge begin op 4 November.  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters