24 dae gelede
Ma, meisietjie vreesbevange
getraumatiseer:Die meisiekind is ’n wrak nadat haar eie pa haar na bewering verkrag het.Foto ter Illustrasie: Jonathan Lestrade  ~ 

’N MAN van Dennemere in Blackheath wat sy dogter na bewering oor drie jaar verkrag het, soek bail.

Hy is vroeër vanjaar vasgetrek nadat sy dogter (12) bos gelos het.

Die pa was gister weer vlugtig voor in Blue Downs se landdroshof op meer as 200 klagte van verkragting.

Volgens ’n polisiebron het die pa nou weer met nuwe stories gekom oor hoekom hy nie in die tronk moet sit nie.

Die bron sê die pa hou vol hy is onskuldig; sy vrou wil hom laat sit oor sy jol.

Vermoor

Hy sê: “Daai mense lewe in vrees en is baie bang hy kry bail. Die meisiekind is so bang haar pa gaan haar vermoor as hy uitkom. Die vrou is paniekbevange.”

Die ma het aan Son gesê haar man maak nou skielik allerhande liegstories op.

Sy het gesê sy twyfel of hy ooit skuld sal erken op die klagte teen hom.

“Hy sê ek maak nou my dogter se hele verkragting op, want ek wil die huis en die kar hê.”

Die vrou is besig om van die man te skei. Die pa verskyn op 2 Oktober weer in die hof. Hy sal dan om borgtog aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters