2 maande gelede
Ma lê na skote
Akeelah August (32) is in bendes se kruisvuur getref.  ~ foto verskaf

’N SWANGER vrou wat Dinsdagaand in Bonteheuwel gewond is, het Woensdag die lewe geskenk aan ’n babaseuntjie.

Dwaalkoeëls van bendelede het die hoog swanger Akeelah August (32) Dinsdag omstreeks 19:50 in Assegaailaan in die skouer en hand gewond.

Omdat die koeël wat August­ in die skouer getref het, by haar nek gestop het, is dit in ’n noodoperasie verwyder.

Verwyder

Sy is getref toe die skieter vanuit ’n wit Toy­ota-minibus gevuur het.

August se pa, Je­rome Philander (54), sê die dokters het die baba met ’n keisersnee uit die baarmoeder verwyder.

’n Bekommerde Philander sê: “Sy is tans in die ICU (waak­eenheid).

“Sy is dalk verlam, want sy kan nie haar hande en voete voel nie. Nou oorweeg die dokters om weer te opereer.

“Akeelah was by die winkel om vir haar kinders tjips te koop vir skool die volgende dag.

“Toe sy om die draai kom, het sy die skote gehoor.

“Sy het net duiselig­ geword en op haar maag geval. “Sy het nie eens geweet sy is raak geskiet nie.

“Haar man was nog besig om te salaah (bid) toe hy die skote hoor.

“Dis nie lekker om jou kind te sien lê in ’n plas bloed nie.”

’n Man (26) is ook in dié skietvoorval gewond.

’n Wyksraadslid, Angus McKenzie sê ’n vermeende gangster is Maandagaand in Bramble Way doodgeskiet.

’n Omgekrapte McKenzie sê: “Die getal onskuldige slagoffers wat in skiet­voorvalle tussen bendes hul lewe verloor of gewond word, raak al hoe meer.

“Ons vra die regering­ dat hy die 65 000 inwoners van Bonteheuwel met die weermag moet beskerm.

“Ons het R450 000 begroot om die bendegeweld in Bonteheuwel te bekamp.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisie­woordvoerder, sê geen verdagte is nog gearresteer nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters