4 maande gelede
Ma klim hoogste berg in Afrika vir gebrande seun
Tebogo Tsotetsi
Tebogo Tsotetsi  ~ Verskaf

'N MA van Soweto het haar belofte, om Kilimanjaro uit te klim om haar eie sowel as ander jong gebrande slagoffers te help, nagekom.

Tebogi Tsotetsi en 'n span van 12 lede het op 16 Junie na Tanzanië gereis om fondse in te samel vir die aankoop van 'n lasermasjien vir die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg.

Tsotetsi het dit gedoen ter nagedagtenis van haar seun, Kutlwano, wat in 2014 in 'n huisbrand dood is. Haar ander seun, Molemo, wat toe vyf jaar oud was, het 50% brandwonde opgedoen.

Molemo kry steeds gereeld laserbehandelings by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

Die doel van die inisiatief was om R2 miljoen in te samel vir die masjien, wat nie net Molemo se lewe sal verander nie, maar ook ander soos hy.

Tsotetsi het op 23 Junie na 'n uitputtend reis haar voet bo op Kilimanjaro neergesit.

"Die klim was baie uitdagend, maar wanneer jy 'n doel voor oë het, berei jy jouself geestelik en fisies voor," sê Tsotetsi.

"Ons het met trane en vreugde gevier. Ons het net gehum en mekaar vasgehou terwyl ons huil. Ons kon nie glo dat ons dit eintlik gemaak het nie."

Die ekspedisie het sover R1.8 miljoen ingesamel. 

Tsotetsi beplan om die oorblywende R200 000 deur die BackaBuddy-platform in te samel.  - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters