10 dae gelede
Ma beroof en doodgeskiet
lauren braiden
VERMOOR: Lauren Braiden is beroof en koelbloedig doodgeskiet. FOTO: Verskaf  ~ 

’N ONSKULDIGE vrou is Vrydagoggend beroof en koelbloedig doodgeskiet.

Lauren Braiden (31) van Bonteheuwel is om 06:09 in Kinghall Avenue, Epping, beroof en doodgeskiet.

Sy het nagskof gewerk en vir ’n Uber gewag om haar na haar huis te neem toe die skietvoorval gebeur het.

Dié mammie van twee minderjarige kinders is op die toneel dood. 

Forensiese deskundiges het die moordtoneel later vir ure gefynkam vir enige leidrade.

Angus McKenzie, wyksraadslid vir Bonteheuwel, het sy misnoeë met die skietvoorval uitgespreek.

McKenzie sê: “Ek is geskok oor wat gebeur het. 

“’n Hardwerkende ma wat vir haar twee kinders werk, is sinloos vermoor.

Faal

“Ek is siek en sat vir die moorde en misdadigers wat nie gevang en vervolg word nie.

“Die polisie en regstelsel faal ons gemeenskappe.

“Die misdadigers het geen respek vir ander se lewe nie omdat hulle nie tronk toe gaan nie.”

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is ’n moorddossier geopen en niemand is tot dusver al vir die voorval gearresteer nie.

Enige een met inligting oor die saak kan die polisie se tolvrye Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 skakel

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters