Verlede maand
Lykie in dam: Kids glip weg
PLEK VAN DOOD: ’n Vierjarige kind het in die dam verdrink.  ~ Foto Verskaf

’N EGPAAR van Klawer het Vrydag hulle grootste nagmerrie beleef toe hulle vierjarige kind se lyk in ’n riooldam gevind is.

Klein Steven Cloete het na bewering Donderdagmiddag in die riooldam beland toe hy en sy vriende daar gespeel het.

Sy maats het eers met die hele sak patats uitgekom toe sy ouers na hom begin soek het.

Die kind was in sy pa se sorg toe hy en sy maats weggeglip het. Die pa werk by die kelder en moes nagskof gaan werk het.

Die polisie se duikers kon eers Vrydag na die dam kom.

Toe sy liggaam uitkom, was sy pa op die toneel. Volgens omstanders was hy buite homself van emosie.

“Hy het vreeslik gehuil.”

Son kon nie die pa of die ma bereik nie. By navraag is daar gevind dat hulle albei in die Vredendal Hospitaal opgeneem is.

“Die kind se dood is vir hulle te erg,” vertel ’n inwoner van Klawer aan Son.

Die polisie het die voorval bevestig en sê ’n nadoodse ondersoek is begin.

Sers. Pholelwa Njara sê: “­ ’n Lykskouing moet ook nog gedoen word om die doodsoorsaak vas te stel.”

Die burgemeester van die Matzikama Munisipaliteit, Mathilda Bains, was op die toneel toe die duikers daar aankom.

“Niemand weet hoe die kinders deur die omheining gekom het nie. Ook is dit nie bekend of die seuntjie ingespring het en of hy miskien gegly het nie.

“”Ons harte gaan uit na sy ouers en sy maatjies,” het Bains gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters