Verlede maand
Lyke in buitekamer los vele vrae
Tragies: Die toneel in Factreton waar die twee lyke gevind is.  ~ Leon Knipe

DIE cops krap kop nadat twee lyke Maandag in ’n huis in Factreton gevind is.

Die lyke van ’n 24-jarige vrou en ’n 34-jarige man is in die tuiste gevind.

Die eienaar van die huis het die cops gebel nadat daar glo rook uitgeborrel het by die buitekamer waar die twee gewoon het.

Die brandweer en nooddienste het ’n foutiewe kragboks geïdentifiseer. Daar word vermoed dat die twee moontlik van rook-inaseming gesterf het.

Volgens AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het die cops ’n geregtelike doodsondersoekdossier geopen.

Doodgeskiet

Daar sal ook ’n outopsie gedoen word om die oorsaak van die twee slagoffers se dood te probeer bepaal.

  • Intussen is ’n 29-jarige man ook gisteroggend in Retreat­ koelbloedig doodgeskiet.

Die voorval het op die hoek van Peter Charles-straat en 12de Laan gebeur.

Die slagoffer is verskeie kere geskiet en ’n klomp koeëldoppies is op die toneel gevind. Die motief vir die skietvoorval is nog onbekend en ’n moorddossier is geopen.

  • In nóg ’n voorval gister is ’n 50-jarige man tydens ’n skietery in Hillview gewond. Die man is per ambulans na die hospitaal geneem.

Volgens Gavin Walburg, voorsitter van die Steenberg gemeenskapspolisiëringsforum, was daar die laaste tyd baie skietery in die area.

Hy het ’n beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting om die polisie te help om die verdagtes vas te trek.

Die cops is intussen besig om ’n moordsaak te ondersoek, maar niemand is nog gearresteer nie.

Enige iemand met inligting kan die polisie se Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters