Verlede maand
Lyk gevind op strand
Die lyk van 'n 19-jarige is langs die strand in Macassar gevind.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE lyk van ’n 19-jarige is gister langs die strand in Macassar gevind.

Volgens die polisie is dit vermoedelik die liggaam van Thabile Mabusela wat Saterdag in die Strand verdrink het.

Moeilikheid

Hy was lid van ’n groep kerkmense van Pretoria wat die gebied besoek het en naby die monding van die Lourensrivier geswem het.

Mabusela en ’n vriend het in die see geswem toe hulle in die moeilikheid beland het. Die NSRI kon sy vriend red.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters