7 dae gelede
’Lol-oom’ val flou
molesteer: ’n Man van 63 het glo ’n meisie (9) van Table View onsedelik aangerand. Foto ter illustrasie: SON  ~ 

DIE ou wat ’n meisie (9) na bewering onsedelik aangerand het, het Donderdag in sy borgtog-aansoek in die hof skielik in floute omgekap.

Die 63-jarige man is Dinsdag by sy suster se huis in Table View in hegtenis geneem.

Luidens sy verklaring wat in die hof uitgelees is, is hy oorspronklik van Vryburg, maar het vir werk Kaap toe verhuis.

Die gryskop het emosioneel voorgekom en oogkontak met hofgangers vermy.

Binne minute nadat hy die beskuldigdebank betree het, het die man kliphard neergeslet.

Hofgangers het geskok uitgeroep toe sy kop teen ’n meubelstuk in die hof kap. Die man se lawyer het sy kliënt­ gevra of hulle eers moet afstaan, maar die man het dik gehou hy is fine.

Nadat ’n hofordonnans vir hom gebottelde water gebring het, het die saak voortgegaan.

Die man sê in die verklaring hy weet nie wie die staatsgetuies is nie.

Hy het ook belowe om nie kontak met die negejarige te hê nie.

Hy noem die arrestasie en klag teen hom het as ’n hengse verrassing gekom.

Die hof het gehoor hy het ’n vorige veroordeling, maar dit is nie bevestig wat die klag was nie.

Flink

Die beskuldigde is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Ná die vrylating was hy weer heel lewendig en sonder floutes.

Hy het op sy eie flink uit die hof gestap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters