2 maande gelede
Local girl mooiste in heelal
pragtig: Candy-Lee Duarttee is die nuwe Teen Queen. Foto: Magical Memories Photography  ~ 

CANDY-LEE Duarttee (14) van die Hoërskool Brackenfell is Miss Teen Queen of the Universe 2018.

Duarttee, wat al van vierjarige ouderdom af model­werk doen, het dié titel onlangs in Johannesburg losgeslaan.

Sy is ’n student van Reana van Tonder, eienaar en modelafrigter van die RVT-model­skool.

Duarttee se droom is om eendag as Mej. Suid-Afrika gekroon te word, en dan as Mej. Wêreld.

Van Tonder vertel Duart­tee is ’n spontane, vriendelike hart-van-goud-meisie wat altyd help waar sy kan.

Passie

“In en om haar gemeenskap doen sy verskeie liefdadigheidsprojekte.

“Dit is haar passie om minderbevoorregte kinders te help en om tyd en liefde aan hulle te gee.”

Duarttee het al reeds 94 titels ingeryg.

Haar leuse is: Lewe met ’n vonkel in jou oog, ’n glimlag op jou gesig, en ’n doel in jou hart.

“Ek glo in Jesus en in myself en saam kan ons ’n verskil maak.”

Sy voeg by dat sy ’n ’n rolmodel wil wees vir ander jong dames.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters