14 dae gelede
Lifman verloor saak teen Jan Taks
Mark Lifman  ~ peter abrahams

DIE omstrede sakeman Mark Lifman se jongste poging om te keer dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) op sy bates beslag lê, het misluk.

Lifman skuld die tax man R388 miljoen.

Hy het in die Wes-Kaapse hooggeregshof aansoek gedoen vir 'n bevel wat Jan Taks sal keer om sy bates op te veil om sy skuld te delg.

Regter Elizabeth Baartman het sy aansoek verwerp.

In haar uitspraak sê sy Lifman se beswaar teen Sars se belastingaanslag is te laat en opportunisties.

Sy het ook in haar uitspraak genoem dat Lifman nie sy besware deur die regte kanale geneem het nadat Sars hom in 2015 en 2016 van die belastingaanslag in kennis gestel het.

Lifman het aan News24 gesê hy gaan appelleer teen die besluit. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters