2 maande gelede
Liefling gat las
groot eer: Raeez Abdul word gekroon as die heel eerste Magnificent Man Icon Pheno­menal Mr. South Africa.  ~ 

RAEEZ Abdul was in trane toe sy held uitkom en sy gunstelingliedjie, “Liefling”, sing.

Vrydagaand kon niemand die trane keer nie toe Abdul in die Darul Islam Hall in Greenhaven as MMI Phenomenal Mr South Africa 2019 gekroon is.

By dié geleentheid is geld vir die opgewekte jong man van Rondebosch in die Kaap ingesamel. Hy gaan Suid-Afrika in Augustus in Las Vegas by ’n internasionale pageant verteenwoordig.

Abdul is die heel eerste Magnificent Man Icon (MMI) Phenomenal Mr. South Africa.

Dis juis die flambojante jong man se persoonlikheid wat gemaak het dat die mense van Magnificent Women Icon International hom in November by die Shumeez Scott Foundation se modevertoning raakgesien het. Scott is ’n beauty queen wat haar beywer vir die regte van mense met Down-sindroom.

Vrydagaand se hoogtepunt vir die 27-jarige Abdul, wat Down-sindroom het, was toe die Kaapse entertainer Loukmaan Adams in die lang gang afkom en vir hom sing.

Nie net Abdul en sy familie het ’n lekker tyd by die event gehad nie. Sy maats wat ook Down se sindroom het, was op die stage en het hulle biscuit geskud.

Dit was ’n wonderlike aand vir die jong man. Abdul het sy tydelike sash gekry én sy idol het sy voete onder hom uitgeslaan.

Die kersie op die koek was toe Ahmed Shaik Emam, ’n lid van die parlement, finansiële hulp belowe het vir Abdul se Vegas trip én sy toekomsplanne.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters