Verlede maand
Liefdesdriehoek vereenvoudig met mes
Mogamat Allie Hendricks  ~ Foto Verskaf

’N LIEFDESDRIEHOEK het vir ’n oupa van Manenberg baie tragies geëindig.

Die skelmpie van Mogamat Allie Hendricks (67) se girlfriend het hom na bewering doodgesteek.

Hendricks is verskeie kere gesteek en is later in die hospitaal dood.

Die voorval het Woensdag helder oordag in Marsstraat, Surrey Estate, gebeur.

Volgens ’n familielid wat verkies om anoniem te bly, het Hendricks saam met sy girlfriend en hul twee dogters gewoon.

Die hartseer familielid sê Hendricks se girlfriend was by toe die noodlottige voorval gebeur het.

Soek

“Dit was toe Mogamat en sy girlfriend in Marsstraat geloop het.”

Die familielid sê die skelmpie het die girlfriend die vorige aand by Hendricks se huis by die vlei gaan soek.

Sy het na bewering gesien wat toe gebeur het.

“Ons is stukkend van binne. Hy het dit nie verdien nie. Mogamat was nog net goed vir haar en hul twee kinders.”

Volgens die familielid was Hendricks ’n rustige man wat baie vir sy gemeenskap gedoen het.

Hendricks word moontlik vandag begrawe as die lykskouing afgehandel is.

Hy is na verneem word van agter benader en in die nek en bors gesteek.

Hy is na die Heideveld-daghospitaal geneem waar hy by sy aankoms beswyk het.

Hendricks se girlfriend is nie in die voorval beseer nie.

Motief

Die verdagte het van die toneel weggehardloop.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is geen verdagte al gearresteer nie.

Die motief vir die moord word nog ondersoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters