Verlede maand
Lewensredder se lyk gevind
Thokozani Mthethwa Foto: Facebook/Deshni Naidoo  ~ 

Die liggaam van die lewensredder wat oor die naweek naby Muizenberg vermis geraak het is deur polisieduikers gevind.

Thokozani Mthethwa en kollega het Saterdag surfers, wie in nood was, probeer help toe hy skielik in die water vermis geraak het.

Die 23-jarige is na bewering op 'n slee agter 'n jetsi getrek toe hy glo afgeslaan het.

Reddingspanne van die nasionale seereddingsinstituut en polisieduikers het sonder sukses oor die naweek na die lewensredder gesoek.

Mthethwa se lyk is Maandagmiddag tussen Strandfontein en Mnandi-strand gevind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters