8 dae gelede
Lesing is back
karloos: Wesley Brown sê hy is diep verneder toe die dealership sy kar kom afvat. FOTO’S verskaf  ~ 

VIR ’n ride gevat.

Só voel Wesley Brown van Atlantis oor die manier waarop hy glo by ’n motorhandelaar weggejaag is.

Maar die handelaar dispute Brown se claims en sê hy streef altyd om ’n goeie diens te lewer.

Brown sê hy het op 9 Oktober ’n 2013-model VW Polo Blue­motion TDI by Myaa Auto in Goodwood gekoop.

Hy sê die kar het 116 931 kilo’s op die klok gehad. Maar dit was skaars twee maande, toe steek sy probleme kop uit.

“Toe die kar probleme gee, het ek dit vir diagnostiese toetse gevat en dié toetse het gewys die uitlaatreguleerklep was foutief.

“Ek het ’n VW-handelaar in Malmesbury gekontak waar nóg ’n skok op my gewag het: Die betrokke kar was in 2017 in Bethlehem in die Vrystaat ge-service – en tóé was die lesing al 195 000 km.”

Brown sê hy het op 30 Januarie by die handelaar gaan antwoorde soek.

“Ons het die issue bespreek van die deposito van R10 000 wat ek oor vier maande moes afbetaal, maar ek wou weet hoe ek dít moet betaal terwyl daar fout met die kar was én daar bedrog gepleeg is met die odometer se reading.

“Ek het toe besluit om nie die R10 000 te betaal voordat daar aandag aan my probleme gegee word nie.

“Die eienaar, Ashraf Abdurahman, vra toe die karsleutels om iets te gaan check. Ek het niks onraad vermoed nie.

“Toe Ashraf egter terugkom, het hy gesê ek moet my persoonlike goed uit die kar verwyder en daar bestaan nie meer ’n deal tusen ons nie.

“Ek het nog nooit so vernederd gevoel nie. Ek en my girlfriend was so geskok, dat ons in die bus huis toe nie met mekaar kon praat nie.

“Hierdie tipe behandeling is nie fair nie en ek gaan dinge nie so los nie.”

Abdurahman sê op sy beurt dis nie sý skuld dat die transaksie skeefgeloop het nie.

Kennis

“Die kliënt het nie sy deel van die ooreenkoms nagekom deur die deposito te betaal nie en daarom het ek besluit om alles te kanselleer.

“Ek dra geen kennis van bedrog met ’n odometerlesing nie, want ons het die kar so aangekoop. My lawyer is reeds besig om met daai verkoper te deal, want in my besigheid streef ek altyd daarna om goeie diens te lewer.”

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Brown in die Goodwood-polisiekantoor ’n klag van motordiefstal aanhangig gemaak het.

Volgens Van Wyk duur die ondersoek voort en geen arrestasies is uitgevoer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters