Verlede maand
Lem flits, koeëls vlieg, klip tref
DOODSKOOT: ’n Vermeende gangster is vol gate geskiet.  ~ Foto ter Illustrasie

’N MAN (60) is Dinsdagmiddag deur sy seun koelbloedig doodgesteek.

Die voorval het in Birminghamstraat in Malibu Village, Blue Downs, gebeur.

Die seun het sy pa in die bors gesteek.

Die twee het na verneem word gestry toe die seun sy pa met ’n mes noodlottig gesteek het.

Die cops het die jong man op die toneel gearresteer.

Hy het na bewering gedreig om homself dood te maak as die cops hom arresteer.

Elke keer as die cops nader gekom het, het hy homself met die mes gesteek.

Die cops kon hom later oorreed om hom oor te gee en hy is gearresteer.

Die jong man is van moord aangekla en sal in die Blue Downs Landdroshof verskyn.

  • In nog misdade, ook in Blue Downs, is ’n vermeende gangster vol gate geskiet en nog een is aangerand en aan die brand gesteek.

Die een voorval het Maandag omstreeks 21:20 in Santo Alberto-straat in The Conifirs gebeur.

Die gangster is na verneem word verskeie kere raak geskiet en is op die toneel dood.

Later, in die vroeë oggendure van Dinsdag, is nog ’n vermeende gangsters ook vermoor.

Die ou het na bewering drugs gaan koop toe hy aangerand en aan die brand gesteek is.

Hy is na verneem word eers met ’n baksteen oor die kop geslaan.

Die aanvallers het toe petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek.

Hy het weggehardloop en in die sand gerol om die vlamme te blus. Hy het later op die toneel beswyk.

Niemand is nog vir dié mis­dade gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters