Verlede maand
Leerders leef daily in vrees
BEKOMMERD: ’n Ma omhels haar kind. Sy sê sy worry erg oor hom.  ~ Jonathan Lestrade

LEERDERS van die Hoër­skool Uitzig wat na die Hoërskool Ravensmead oorgeskuif het, vrees vir hulle lewe.

Een van die leerders is Maandag met ’n lang mes gedreig.

Hy kon ten minste weghol na ’n polisie-vên wat buite die skoolterrein geparkeer was. Dit was nadat hy en sy maatjies gepiemp het oor hulle elke dag met messe en guns gejaag word.

Geparkeer

Die vreesbevange gr. 10- leerder sê: “Een van die leerders het my kom dreig en gesê hulle gaan my tot in die ICU steek.”

Die leerder sê hy het toe na die cops toe gehardloop wat naby geparkeer was.

“Verlede week het hulle my ook gejaag en ek moes hardloop vir my lewe.

“Ek weet nie wat hulle van my wil hê nie.

“Dit baat ook nie ek sê vir die onnies nie. Hulle sê dis ons wat van die Uitzig-skool kom wat die moeilikheid na die skool bring.

“Die leerders van Ravens­mead sê ons is gangsters van Uitsig.”

Nog ’n gr. 8-leerder sê: “Ek is bang om soggens skool toe te gaan. Die kinders van Ravensmead sê hulle gaan almal van die Hoërskool Uitzig aanrand.

“Hulle soek ons nie by hulle skool nie.”

Dié leerder se ma sê: “Ek het al probeer om my kind by ’n ander skool in te skryf, maar al die skole is vol.

“Ons probeer ons kinders geleerdheid gee, maar nou gebeur sulke dinge.

“Ons kinders was veilig toe ons ’n hoërskool in Uitsig gehad het.

“Ons vrees vir hul veiligheid, want enige iets kan gebeur.”

Volgens die ma van die gr. 10-leerder het hulle Donderdag ’n vergadering met die skoolhoof en die beheerliggaam gehad.

Die ma sê: “My kind kla al van verlede jaar Oktober af, maar ek het nie besef dis so ernstig nie.

“Die skoolhoof sê hulle kan niks maak nie, want dit gebeur buite die skoolhek.

“Ek vrees dat ek my kind se lyk nog eendag by die skool se hek moet gaan optel.

“Hulle kan law enforcement officers kry om die skool te patrolleer.

“Die gangsters spring enige tyd oor die skooldraad en dreig die kinders.

“Die skoolhoof het ons al gewys die messe en skerp voorwerpe wat hulle by die kinders afgevat het, maar hulle doen nog steeds niks.”

Die ouers weier dat hulle kinders gangsters word oor hulle by die skool geviktimiseer word.

Volgens Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die departement van onderwys, was die distrikskantoor nie bewus van die voorvalle nie.

Hammond sê die skoolhoof het met die ouers vergader en die saak word intern gehanteer. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters